Prokureur Owen Kemp het Elsa Brits, Die meisie van Klaradynstraat, van haar agterbuurtbestaan verlos, maar nie van probleme en pyn nie. Te midde van al die welvarendheid besef Elsa dat ongelukkigheid nie beperk is tot die ag...

Buy Now From Amazon

Product Review

Prokureur Owen Kemp het Elsa Brits, Die meisie van Klaradynstraat, van haar agterbuurtbestaan verlos, maar nie van probleme en pyn nie. Te midde van al die welvarendheid besef Elsa dat ongelukkigheid nie beperk is tot die agterstrate nie, want sy weet van Owen se dogter se geheim, oor Jakob Olwage . . .As die lied verstil is die verhaal van Chrissie Erasmus van Dennedal. Almal ken haar as die goeie kind wat na haar ouma omsien, wat Sondagskool hou en ‘n staatmaker is by die basaartafel. Ouma droom al van ‘n huwelik tussen Chrissie en die gawe Jan Barendse. Maar oornag is die skindertonge los, want Chrissie word Christine van Johannesburg.  In Die pad terug huis toe is Karina Oosthuizen, gesogte topmodel, eensklaps weer afhanklik van ‘n gepensioneerde moeder wat sy al byna afgesterf het. Sy het net een heenkome – die pad terug na die armsalige skakelhuisie waarop sy so neergesien het. Maar onverwags bied iemand haar en haar moeder ‘n toevlug in ‘n pragtige wit huis by die see. Sal Karina se trots haar toelaat om daar te bly as sy weet dat De Waal Venter die weldoener is – die seun wat sy as kind so verneder het?

Similar Products

Ena Murray Omnibus 35 (Afrikaans Edition)Mentje - Kind van die Pas-Opkamp (Afrikaans) (Afrikaans Edition)Omnibus 1 (Afrikaans Edition)Ena Murray Omnibus 27 (Afrikaans Edition)Ena Murray Omnibus 22 (Afrikaans Edition)Ena Murray Omnibus 25 (Afrikaans Edition)Ettie Bierman Keur 11 (Afrikaans Edition)The President's Keepers: Those keeping Zuma in power and out of prisonEna Murray Keur 11 (Afrikaans Edition)Ena Murray Omnibus 36 (Afrikaans Edition)