Die hoofkarakter van ’n Vrou soos Salome is die liefling-ster van die sangverhoog. Maar die joernalis Jaco Retief sien ’n weerloosheid in dié Salome Truter. Impulsief nooi hy haar vir ete, en ontdek dan dat ...

Buy Now From Amazon

Product Review

Die hoofkarakter van ’n Vrou soos Salome is die liefling-ster van die sangverhoog. Maar die joernalis Jaco Retief sien ’n weerloosheid in dié Salome Truter. Impulsief nooi hy haar vir ete, en ontdek dan dat daar agter die openbare beeld ’n oneindige hartseer skuil.In Twee paaie na Khuana kan Anel Bredenkamp nie verstaan waarom twéé mans skielik so gretig is om haar Bosveldplasie te koop nie. Eindelik staan sy alleen in hierdie onheilspellende boswêreld waarin nie net die twee geheimsinnige mans nie maar ook verwoede buffels, gewetenlose wilddiewe en ’n “vroulike duiwel” ’n sinistere rol speel.In Verwonde jare spat Daniël Pohl se wêreld aan skerwe met die verskyning van ’n skokkende nuusberig: ’n middeljarige man in ’n silwergrys Mercedes het op straat ’n onwelvoeglike voorstel aan ’n vrou gedoen. Toe sy weier, het hy haar baba in sy stootwaentjie doodgery en weggejaag. Daniël het presies só ’n motor, en hy’s dieselfde middag opgemerk in die omgewing waar die voorval plaasgevind het...

Similar Products

Ena Murray Keur 11 (Afrikaans Edition)Ena Murray Omnibus 26 (Afrikaans Edition)Ena Murray Omnibus 20 (Afrikaans Edition)Ena Murray Omnibus 30 (Afrikaans Edition)Ena Murray Keur 14 (Afrikaans Edition)Ena Murray Omnibus 25 (Afrikaans Edition)Ena Murray Omnibus 35 (Afrikaans Edition)Ena Murray Omnibus 39 (Ena Murray-omnibus) (Afrikaans Edition)Ena Murray Keur 9 (Afrikaans Edition)