In hierdie boek loop die ondersoekende joernalis De Wet Potgieter terug op die spore van ’n klomp geweldenaars in ons land se geskiedenis. Dié geweldsmisdade, wat van die laat tagtigerjare tot in die nuwe millenniu...

Buy Now From Amazon

Product Review

In hierdie boek loop die ondersoekende joernalis De Wet Potgieter terug op die spore van ’n klomp geweldenaars in ons land se geskiedenis. Dié geweldsmisdade, wat van die laat tagtigerjare tot in die nuwe millennium gepleeg is, wissel van fanatiese verregses wat onskuldige medeburgers koelbloedig afmaai, tot geweldenaars wat hoëprofiel-staatsmoorde gepleeg het. Hy neem die leser tot agter die skerms van die mees omstrede voorvalle in ons land. Met sy onverskrokke skryfstyl trek Potgieter jou midde-in die sake in.
In Grusaam deel hy inligting wat nog nie voorheen openbaar gemaak is nie. Wat het werklik die nag van 17 Junie 1992 in Boipatong gebeur? Wat was die dryfkrag agter die gru-aanval op Alison Botha? Wat het van die doodgewone polisieman André Stander ’n gewetenlose bankrower gemaak? Wie het eerste die verband tussen Gert van Rooyen se slagoffers en ’n moontlike mensehandelsaak raakgesien?
Potgieter vertel hoe hy as joernalis te werk gegaan het om verslag te doen oor elk van dié interessante, grusame sake. Hierdie boek neem jou terug na die bloedige koerantopskrifte van gister.

Similar Products

Ys (Afrikaans Edition)Gifbeker (Afrikaans Edition)Die De Zalze-moorde: Die familiemoord wat die land tot stilstand geruk het (Afrikaans Edition)The President's Keepers: Those keeping Zuma in power and out of prisonDie dood van 'n goeie vrou (Afrikaans Edition)Van Skoolbank tot bordeelbed: Gebasseer op 'n ware verhaal van geloof en oorwinning (Afrikaans Edition)die slegte vrou (Afrikaans Edition)