In Die kluisenaar van Abendruhe moet Thero van Zyl, die beeldskone sosiale vlinder met ʼn geheimsinnige kwaal, teen wil en dank die pad vat in haar rooi sportmotor na die eksentrieke kluisenaarsdokter Emile Fraser se hosp...

Buy Now From Amazon

Product Review

In Die kluisenaar van Abendruhe moet Thero van Zyl, die beeldskone sosiale vlinder met ʼn geheimsinnige kwaal, teen wil en dank die pad vat in haar rooi sportmotor na die eksentrieke kluisenaarsdokter Emile Fraser se hospitaal in die Drakensberge. Abendruhe word vir Thero nog ʼn speelveld om in rond te dartel en van haar hart weg te vlug, maar Emile duld nie speletjies nie…
In Sluiers van die nag sluit dokter Ralph Weideman ʼn bitter verlede vir Maryke Linde oop. Sy wend haar tot die wildvreemde professor Paul de Vries, en intuïtief kom hy tot haar redding. Maar is hul maskerade oortuigend genoeg om te keer dat Maryke haar laaste waardevolle besitting verloor?
En in die speelse verhaal Junior in saal 7 gee ʼn wit leuentjie daartoe aanleiding dat almal dink leerlingverpleegster Louwrinda Kemp het ʼn verhouding met haar uiters aantreklike nuwe professor in Verloskunde. Maar kort voor lank besef sy dat daar tóg waarheid in hierdie gerug mag steek.

Similar Products

Ena Murray Omnibus 36 (Afrikaans Edition)Omnibus 1 (Afrikaans Edition)Ena Murray Keur 9 (Afrikaans Edition)Ena Murray Omnibus 37 (Afrikaans Edition)Ena Murray Keur 11 (Afrikaans Edition)Ena Murray Omnibus 27 (Afrikaans Edition)Rika du Plessis Omnibus 19 (Afrikaans Edition)Ena Murray Omnibus 24 (Afrikaans Edition)Ena Murray Keur 14 (Afrikaans Edition)Ena Murray Omnibus 21 (Afrikaans Edition)