Drie verhale wat die leser ver wegvoer: na die onbesoedelde plaaslewe, na die spannende hofsale van 'n groot stad, selfs na veraf, romantiese Spanje. In Rabbedoe van Rietkuil kan die baas van die plaas, Wynand, hom nie verwe...

Buy Now From Amazon

Product Review

Drie verhale wat die leser ver wegvoer: na die onbesoedelde plaaslewe, na die spannende hofsale van 'n groot stad, selfs na veraf, romantiese Spanje. In Rabbedoe van Rietkuil kan die baas van die plaas, Wynand, hom nie verweer teen sy rabbedoe-“plaasvoorvrou", Nicolette, se betowering nie. Maar sy het 'n bokskampioen van 'n kêrel wat dik briewe aan haar skryf – en om sake verder te kompliseer, daag Wynand se broer ook nog op . . . en die rabbedoe met die bokstert en langbroek ontluik skielik in 'n uithaler-gasvrou in ontwerpersklere. Waar die nagtegaal sing is die verhaal van 'n jong meisie wat haar wil ontferm oor haar oorlede suster se twee kinders – en selfs bereid is om daarvoor na Spanje te gaan. En in My afgemete deel beland die pragtige maar onkundige Hybre Koch in die strikke van 'n getroude man. Toe sy haar kom kry, is sy betrokke by 'n ongure hofsaak.

Similar Products

Ena Murray Omnibus 34 (Afrikaans Edition)Ena Murray Omnibus 24 (Afrikaans Edition)Ena Murray Keur 10 (Afrikaans Edition)Ena Murray Omnibus 23 (Afrikaans Edition)Ena Murray Omnibus 21 (Afrikaans Edition)Ena Murray Keur 4 (Afrikaans Edition)Ena Murray Omnibus 30 (Afrikaans Edition)Ena Murray Omnibus 25 (Afrikaans Edition)Ena Murray Omnibus 18 (Afrikaans Edition)