Minute lank nadat die dokter die woorde uitgespreek het, het Donna Enslin sprakeloos na hom sit en kyk. Sy kon dit nie glo of verwerk nie. Vele dinge het by haar oë verbygeflits – Die groot, gerieflike huis waarin ...

Buy Now From Amazon

Product Review

Minute lank nadat die dokter die woorde uitgespreek het, het Donna Enslin sprakeloos na hom sit en kyk. Sy kon dit nie glo of verwerk nie. Vele dinge het by haar oë verbygeflits – Die groot, gerieflike huis waarin sy en Dirk so gelukkig woon, haar oudste dogter, Ronel, wat so lank al smag om ʼn baba te hê, oupa Jaco wat so tevrede in sy woonstelletjie op die erf woon en dan... Malinda! Ja, Malinda, haar weerbarstige dogter vir wie dit verraad teenoor haar eie vader is toe Donna, jare na sy dood, met Dirk trou. Na die skok, kom die vreugde tog: Donna is swanger met Dirk se baba! Haar vreugde word syne en Ronel sʼn en oupa Jaco sʼn. Malinda se afsku word egter ʼn vlieg in die salf en haar weersin in die hele situasie groei dag by dag. Selfs na die baba se geboorte, sak die gordyn nog nie en is dit net die begin van die tweede bedryf in hierdie eg-menslike drama wat boeiend en roerend deur die skrywer aangebied word. HERFSGELUK is deur Lapa Uitgewers in hardeband onder die titel: ʼn BIETJIE HERFSGELUK gepubliseer en word nou met trots deur die skrywer as e-boek aangebied.

Similar Products

My Optelkind (Afrikaans Edition)ELANA (Afrikaans Edition)WOLK VAN GELUK (Afrikaans Edition)Wanneer die son weer skyn (Afrikaans Edition)VOLLERMAAN (Afrikaans Edition)ANDERKANT GISTER (Afrikaans Edition)In haar wildbewaarder se arms & Potensiële metgesel (RomanzaLiefde) (Afrikaans Edition)